Anri & Tielman’s Winter Church Wedding

Winter Church Wedding couple photos

Anri & Tielman chose De Uijlenes for their winter nuptials, having their ceremony at the local NG Church in Baardskeerdersbos, predrinks in the Forest and the reception at the Old Barn venue.

Here’s what Mr & Mrs Burger had to say about their experience of working with us and planning their weddings celebrations here at De Uijlenes:

Liefste De Uijlenes Droom-Span, 

 
Ons weet nie eers waar om te begin nie…
 
Eerstens wil ons hartlik omverskoning vra dat ons nou eers, amper 4 maande later, amptelik ‘n epos stuur. 
Ons gaan dit blameer op die feit dat ons nogsteeds sweef na 2 Julie, maar ons wil net graag ‘n oomblik neem om julle almal te bedank vir die ongelooflike herinneringe wat ons het van ons trou naweek – te danke aan julle.
 
Kyk, enige iemand wat sê dit is stresvol om ‘n troue te reël , het nog nie saam met julle spannetjie gewerk nie!
 
Dankie dat julle vir ons ‘n ander level van goeie diens gewys het – niks was te veel moeite of te veel gevra nie. Letterlik niks nie!
 
Danelle, baie dankie vir al jou grondwerk voor die tyd om ons sprokiesdag moontlik te maak. 
Ons is so jammer dat jy nie die dag saam met ons kon vier (en dalk ‘n glasie klink) nie. 
Ons bid en glo dat jy 100% herstel het en dat jy sommer nou nog meer lewe in jou het as van te vore. Baie dankie vir alles!
 
Lieben, Jesyca en Junita – baie dankie vir die inspring om te verseker ons naweek verloop soos beplan. 
Julle is werklik ongelooflik en het verseker ons is die hele naweek uitgesorteer en op ons gemak – ons kan nie genoeg hiervoor dankie  sê nie. 
 
Chef Maurice en span – ons weet nie of ons al ooit (of ooit weer gaan) so lekker eet soos wat ons het nie. 
Dankie dat julle UIT JULLE PAD uit gegaan het om vir ons presies te gee wat ons nog altyd wou gehad het – dit was werklik lip-af-lek-lekker en ons sal verseker moet terugkom vir ‘n pop-up restaurant ete as ons weer in die Kaap is vir bietjie nostalgie. 
Ons gaste (en ons) kan nou nog nie uitgepraat word oor hoe lekker ons geëet het nie. So baie dankie hiervoor!
 
Ons raak skoon emosioneel as ons dink hoe lank ons beplan en gedroom het oor die dag, maar wat ons meer emosioneel maak is hoe julle almal verseker het dit speel nog beter uit as wat ons in ons wildste drome kon verwag!
 
Ons het van die begin af, na ons ‘n advertensie op Instagram gesien het, geweet De Uijlenes is die plek waar ons amptelik ons lewens paadjie saam wil begin. Hierdie besluit was bevestig na die eerste keer wat ons ons voete gesit het op julle stukkie Hemel-op-Aarde en kyk, toe ons eers die mense van De Uijlenes ontmoet-  toe is dit behoorlik tickets!
 
Dankie vir ons mooiste, verewig-koester dag wat nie sonder julle moontlik sou wees nie! 
Mag Die Here julle en julle stukkie Hemel-op-Aarde ryklik seën om nog verskeie ander se begin-van-verewig so mooi te kan begin.
 
Ons kan nie wag om te kom kuier nie!
 
Photographer: Local Truth
Flowers & Decor: Husband Wife Team
Winter Church Wedding reception venue
Winter Church Wedding reception venue
Winter Church Wedding reception venue
Winter Church Wedding groom preparation
Winter Church Wedding groomsmen
Winter Church Wedding bridesmaids
Winter Church Wedding bridesmaids
Winter Church Wedding bridesmaids
Winter Church Wedding
Winter Church Wedding
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding food photos
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding preparation
Winter Church Wedding food
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding bride and bridesmaids photos
Winter Church Wedding bride and bridesmaids photos
Winter Church Wedding bride and bridesmaids photos
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding couple photos
Winter Church Wedding cake
Winter Church Wedding cake
Winter Church Wedding food
Winter Church Wedding food
Winter Church Wedding food
Winter Church Wedding food
Winter Church Wedding dance

We use Cookies to offer you a better browsing experience, analyse site traffic, personalise content and serve targeted advertisement. More information can be found here. By continuing to browse you will consent to our use of cookies.